Press Pages Jou Keuse: Julle praat lesers van Die Burger se taal

Jou Keuse: Julle praat lesers van Die Burger se taal
Featured on: Netwerk24

Dit is Die Burger se voorreg om Jou Keuse 2023 te publiseer en op dié manier ’n welverdiende skouerklop te gee aan die ondernemings wat vandag in dié bylaag verskyn.

Baie geluk aan iedereen. Hierdie bylaag is om verskeie redes ’n belangrike projek.

Die Burger se lesers en die Afrikaanse mark bly steeds ’n gesogte teikengroep vir ondernemings en as sulks is die koerant ’n belangrike vennoot om dié groep te bereik.

Wyle Nelson Mandela het gesê: “Indien jy met iemand in ’n taal praat wat hy verstaan, gaan dit na sy kop. Indien jy met hom in sy taal praat, gaan dit na sy hart.” Dis in die kol wat betref Die Burger se lesers vir wie Afrikaans nie net ’n taal is nie, maar ’n ganse wêreldbeskouing.

In Suid-Afrika, as meertalige land, is dit noodwendig dat kommunikasie al meer in Engels as oorbruggingstaal gebeur. Ons lesers gebruik Engels ook só, maar beleef dan Die Burger as ’n hartsplek. Die lees van die koerant is meer as net nuus en advertensies – dis ’n tuiskoms.

Maatskappye, politici, owerheidsinstellings en universiteite wat Engels as oorbruggingstaal sien as rede om weg te beweeg van die ander amptelike tale, maak ’n groot fout met strategiese kommunikasie.

Uiteraard is reklame ’n belangrike instrument om lesers se aandag te trek, maar dit speel ook ’n breër rol in die ekosisteem van die koerant. Die inkomste wat daaruit voortvloei, maak die bedryf van goeie joernalistiek moontlik. Dit maak dit vir ons moontlik om ’n regering verantwoordbaar te hou as ons dink hulle maak droog.

Dit gee ons ’n stem om te sê ons dink ondernemings verdien ’n omgewing waarin dit veel makliker is om sake te doen.

Hier is die wenners:

AANLYN AKKOMMODASIE

  1. Lekkeslaap
  2. booking.com
  3. Airbnb

Lees die res van die artikel hiér

© 2024 Tripco (Pty) Ltd. All rights reserved.