Press Pages Rapport — Lesers wys groot gunsteling aan

Rapport — Lesers wys groot gunsteling aan
Featured on: Netwerk24

Suid-Afrikaanse verbruikers gaan gebuk onder stygende lewenskoste te midde van ’n ekonomie wat druk.

Dáárom raak verbruikers al hoe kieskeuriger oor waar en waarop hulle hul geld bestee. Vertroue in handelsmerke en ondernemings is voorop in verbruikers se gedagtes as hulle hul swaarverdiende rande moet uithaal.

Rapport se lesers het vanjaar weer in ons Jou Keuse-peiling gestem vir hul gunsteling-handelsmerke en die ondernemings waar hulle eerste aandoen wanneer hulle goedere of dienste nodig het. Sommige van ons wenners dryf al vir dekades handel terwyl ander meer onlangs tot die mark toegetree het. Die handelsmerk of onderneming wat in elke kategorie die meeste stemme gekry het, het platinumstatus verwerf. Die tweede plek het goue status verdien en die derde plek silwerstatus.

Elke afdeling se wenners word hier gepubliseer met die platinumstatus-wenner eerste, gevolg deur die wenners van die goud- en silwerstatus.

Baie geluk aan al die ondernemings wat die spreekwoordelike podium gehaal het. Mag dié besighede en handelsmerke voortgaan om ons lesers en die wyer Suid-Afrikaanse mark met uitnemendheid te bedien.

Hierdie besighede en handelsmerke bedien SA mark steeds met uitnemendheid:

Aanlyn verblyfbesprekings

  1. LekkeSlaap
  2. Booking.com
  3. Airbnb

Kliek op dié skakel om die ander afdelings se wenners te lees.

© 2024 Tripco (Pty) Ltd. All rights reserved.